Die Kaap is Weer Frans.
- Frederik Herholdt
- Feb 8, 2018
- 1 min read
Leon Oosthuizen op trekklavier en gaskunstenaars is binnekort in Stellenbosch met hul musiekproduksie: Die Kaap is weer Frans.
Die 8-stuk musiekgeselskap gaan 'n verskeidenheidskonsert soos min aanbied: Vrolik en Frans – met ’n tikkie kruisbestuiwing uit eie bodem. Dink aan lekker sjampanje, Edith Piaf en die Eiffeltoring en gooi sommer ook vir Celine Dion, Jacques Brel, die Franse Hugenote én Wes-Afrika se manjifieke musique exotique by die lustige mengelmoes.
Verwag enigiets van ’n musette en ’n wals tot die klapklanke aan die suidpunt van Afrika. Met Sibanye, Amanda Luyt, Harold Schenk en Rayelle Goodman. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en by die deur. Ma. 5 Maart 19:00 en Di. 6 Maart 12:30 by die Weltevreden Restaurant Teater, Welgevonden Blvd, Stellenbosch.
Koop kaartjies by: Computicket

Lees nou: So Klink Mzansi - Sibanye
Comments