So Klink Mzansi - Sibanye
- Frederik Herholdt
- Feb 8, 2018
- 1 min read
SO KLINK MZANSI
Die Sibanye orkes kom weer Stellenbosch toe en bied aan by die Woordfees: So klink Mzansi. Die reënbooggroep van Kaapstad kom bou die legkaart van Suid-Afrikaanse musiek in 'n fusie van Afropop, folk en township jazz in 'n verskeidenheid tale van Mzansi, veral Afrikaans en Xhosa. Wêreldmusiek kry nuwe betekenis met die vereniging van musikante van Nyanga, Gugulethu, Langa en die Stadskom.
Kom vier die gees van die reënboognasie met hul lewendige konsert wat buiten hul unieke oorspronklike musiek ook ikoniese, geliefde liedjies uit Suid-Afrikaanse bodem insluit. Bloekomhoek verhoog, h/v Ryneveld- en Victoriastraat. Ma. 5 Maart 13:00. Gratis.

SIBANYE
Sibanye is 'n Suid-Afrikaanse wêreldmusiek groep van Kaapstad wat musiek maak in 'n fusie van Afropop, folk en township jazz.
Sibanye beteken "Saam Soos Een" in Xhosa en is ook die naam van 'n lied van versoening wat gelei het tot die onstaan van die wêreldmusiekgroep in die Moederstad. Die lede van die groep is afkomstig van die Stadskom en omliggende townships Nyanga, Gugulethu, Ou Kruispad, Eersterivier en Khayelitsha.
Die musiek van Sibanye vier die gees van 'n reënboognasie deur sy eg-Suid-Afrikaanse styl met lirieke in al elf amptelike tale van Suid-Afrika. Met lewendige optredes inkorporeer hul ook ikoniese, geliefde liedjies uit Suid-Afrikaanse bodem.

Lees nou: Die Kaap is Weer Frans.
Comentários